Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780928316476 | Published: October 1, 2016 | Paperback

Sulamiet

Sulamiet

Author:Lina Spies
Regular price R 30
Regular price R 175 Sale price R 30
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Sulamiet is 'n bundel oor medemenslikheid, liefde, die wisseling van seisoene, die skoonheid van die natuur en die kunste in 'n land en 'n wêreld van geweld. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden ná die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse in die bundel handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse en die skoonheid van die natuur en die kunste waaraan altyd 'n tekort verbonde bly weens menslike ontoereikenheid. Binne die perspektief van die herwonne paradys staan Jesus nie sentraal as die Gekruisigde en die Wonderwerker nie, maar as die Joodse rabbi wat die koms van die Koninkryk reeds op aarde verkondig het. God is transendent: die hiëroglief, die ontwykende aan wie ons verbonde is in ons woordeloosheid en deur die musiek.

Author Lina Spies

View full details