ISBN: 9780928316926 | Published: November 9, 2017 | Paperback
Sterre en Planete
Sterre en Planete
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Sterre en Planete is 'n voortvloeisel uit Hennie Maas se gewilde radioprogram met dieselfde naam wat weekliks op RSG uitgesaai word. Een van die uitstaande kenmerke van die radioprogram is dat die vier kundige deelnemers, prof. Matie Hoffman, Willie Koorts, Kobus Olckers en dr. Japie van Zyl, dit op 'n eenvoudige, lekker geselstrant doen. Die boek Sterre en Planete poog om tussen die akademiese, sterrekundige wetenskap en sterrekunde vir die leek 'n brug te slaan. Hierdie boek sal ongetwyfeld 'n groter gehoor as net die radioprogram trek. En met die astronomiese ontwikkeling op die gebied van ruimtewetenskap sal 'n volgende boek binnekort nodig wees!
Author Hennie Maas
Share
