Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780949976949 | Published: May 15, 2018 | Paperback

Poort 2018

Poort 2018

Author:Poort
Author:SAAWK
Regular price R 120
Regular price Sale price R 120
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Die Poort-kompetisie is reeds in 1970 ingestel om die skeppende gebruik van Afrikaans onder die senior skoolgaande jeug aan te moedig. Een van die heel eerste persone wie se werk in die eerste Poort verskyn het, was die gerekende digter, Antjie Krog, verlede jaar se wenner van die Hertzogprys vir poësie. Die Poort-kompetisie is vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns van besondere belang, want die pryswenners en finaliste van nou is na alle waarskynlik die skrywers en digters van môre. Vir jare reeds trek die kompetisie inskrywings van skole reg oor Suid-Afrika; toenemend van leerders wat nie Afrikaans as huistaal het nie. Van hulle begin ook reëlmatig pryse verower.
Die beoordelaars was vanjaar soos gebruiklik kundige vakmense: die poësie is beoordeel deur dr. Daniel Hugo (digter en vertaler) en dr. Tom Gouws (digter en dramaturg) en die beoordeling van die prosa was die verantwoordelikheid van prof. Thys Human (Hoof: Vakgroep Afrikaans en Nederlands) van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom en prof. Bernard Odendaal (Hoof van die ATKV-skryfskool van die Noordwes-Universiteit). In hul kommentaar is hulle opgewonde oor die opvallende verskeidenheid van die inskrywings en veral van die besondere kwaliteit, kreatiwiteit én tegniese vermoëns van die jong skrywers en digters.
Die tien finaliste van hierdie kompetisie sal vanjaar, soos byna al gebruiklik is, 'n Skrywerslypskool by die Universiteit van die Vrystaat bywoon; die aanbieder vanjaar is prof. Heilna du Plooy, digter en romanskrywer en emeritus-hoogleraar in Afrikaans en Nederlands aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. Die beoordeling van die gedigte en kortverhale sal waargeneem word deur myself en dr. Anthea van Jaarsveld (Departement Drama- en Toneelkuns, UV), wat ook die organiseerder van die Skryfskool is. Vanjaar se wenners, Jonathan Mark Birch (met sy gedig 'nat en na vier') en Imcke van Vuuren (met 'n kortverhaal, 'Blou') het die keurders beïndruk. Die Hertzogprys lê vir alle pryswenners dalk nog in die verskiet, maar in baie gevalle is publikasie van gedigte of prosa in die nabye toekoms 'n
waarskynlikheid.
Uit 'n opname van die jaarlikse wenners blyk duidelik dat bepaalde skole gereeld wenners oplewer. Dit is Afrikaans laat leef. Ook 'n hartlike dankwoord aan die kundige beoordelaars en die Akademie-personeel, meestal te danke aan knap, en veral passievolle onderwysers. My hartlike dank aan hulle almal wat en veral aan Nellie Engelbrecht van die Akademiekantoor wat die organisasie van die kompetisie met
groot bekwaamheid behartig het.
H.P. VAN COLLER
Voorsitter van die Letterkundekommissie

Author Poort

Author SAAWK

View full details