Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780949977007 | Published: May 1, 2020 |

NP van Wyk Louw - Silwer hergerg in die sneeu

NP van Wyk Louw - Silwer hergerg in die sneeu

Author:SAAWK
Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Teen die agtergrond van NP van Wyk Louw se skeppende en besinnende nalatenskap, vra Pieter Duvenhage by die aanskoue van Louw se eertydse huis in Kinrosweg, Johannesburg, die volgende: Wat staan die jong Van Wyk Louws te doen wat nie reeds na Londen, Toronto, Melbourne en Auckland uitgewyk het nie? Hoe is die Afrikaanse lewe moontlik onder die dwingelandy van 'n magsentralistiese en rasgedrewe regime wat geen ruimte buite sy Engelsgedomineerde voorskrifte duld nie? Kan 'n jong Van Wyk Louw weer na vore tree in 'n land waar 'n openbare Afrikaanse universiteit toenemend ontsê word? (Duvenhage, 2020:352) Duvenhage se kort opstel is die laaste van die 18 hoofstukke, opgeneem in 'n Huldiging: NP van Wyk Louw - silwer herberg in die sneeu (2020), en saamgestel deur Ronél Johl. Dié huldigingsbundel vorm deel van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se reeks oor Hertzogpryswenners, en is die sewende boek in die reeks

View full details