Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780949977014 | Published: January 15, 2020 |

Die pelgrimsverhale van Geoffrey Chaucer

Die pelgrimsverhale van Geoffrey Chaucer

Author:SAAWK
Regular price R 330
Regular price R 0 Sale price R 330
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Hierdie Afrikaanse vertaling sal in Suid-Afrika ook anderstalige studente van Chaucer kan help om die bronteks te ontsluit omdat die Afrikaans heelwat toegankliker is as die Middelengels, maar ook as gevolg van die ruim gebruik van verduidelikende voetnote. Hierdie parateks in die vorm van voetnote is die belangrikste toegevoegde waarde tot die bronteks. Dit dui op die diepgaande navorsing wat die skepper van die doelteks gedoen het om naas die doelteks ook die supplementêre inligting te verskaf.
Prof. Ilse Feinauer
Vertaling en Afrikaanse Taalkunde Universiteit Stellenbosch
John Boje is in 1936 gebore en woon tans in Pretoria. Tydens sy loopbaan as onderwyser het hy in Engeland, Swaziland en Suid-Afrika skoolgehou, die laaste 28 jaar voor sy aftrede by St Alban's College in Pretoria. Sy belangstellings blyk uit sy akademiese prestasies: 'n BA in Nederlands-Afrikaans, 'n Meestersgraad in Teologie, twee Doktorate, een in Geskiedenis en een in Engels, sowel as nagraadse diplomas in Onderwys en Biblioteekkunde. Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het hom in 1990 bekroon vir sy werk, 'n Keur uit die Pelgrimsverhale van Geoffrey Chaucer, die voorganger van hierdie publikasie.

Author Geoffrey Chaucer

Author SAAWK

View full details