ISBN: 9780949977052 | Published: January 15, 2021 |
Anna M Louw - Fassinerende, veelkantige skrywer
Anna M Louw - Fassinerende, veelkantige skrywer
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Anna M. Louw het in verskillende genres geskryf sy is onder andere die outeur van 'n hele aantal kortverhale, dramas en hoorspele, en 'n jeugroman. Ons het egter besluit om in hierdie publikasie te fokus op die nege romans, vier novelles en drie reisboeke, wat algemeen beskou word as haar belangrikste bydraes tot die Afrikaanse literatuur. Dit word aange- vul deur Erika Terblanche se oorsig oor haar lewe en werk, en herinneringe van 'n dogter, 'n seun en 'n skoonseun.
Haar mees bekroonde roman is Kroniek van Perdepoort, waarvoor die Hertzogprys, die CNA-prys en die W.A. Hofmeyr-prys aan haar toegeken is; dit is in Nederlands vertaal en die vertaling is ook goed ontvang. Drie artikels oor hierdie roman word hier ingesluit, wat elkeen op 'n ander faset van die boek konsentreer. Die drie bydraes vul mekaar aan, verskil soms van mening, en bied boeiende stof vir verdere nadenke oor hierdie veelkantige roman.
Share
