Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780949977076 | Published: January 1, 2021 | Paperback

Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar

Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar

Author:SAAWK
Regular price R 385
Regular price R 0 Sale price R 385
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Christo van Rensburg word wyd geag as een van die belangrikste rolspelers in die eietydse Afrikaanse taalkunde. Sy jare lange navorsing het gelei tot 'n herwaardering van inheemse sprekers se aandeel in die ontstaan van Afrikaans op Afrikabodem. Hy het oortuigend die invloed aangetoon van die sg. historiese variēteite soos Khoi-Afrikaans in die wording van Afrikaans en so bygedra tot die dekolonialisering daarvan.
Ten tye van Van Rensburg se oorlye in 2018 was 'n manuskrip, wat hy in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oor die geskiedenis van die Taalkommissie geskryf het, bykans afgerond. Hy was vir 1 2 jaar self lid van die Taalkommissie wat hom in staat gestel het om gesaghebbend vanuit 'n binnekring perspektief oor die verskillende normering benaderings en -aktiwiteite sedert 1914 ten behoewe van Afrikaans te kon skryf.
Die SA Akademie stel graag hierdie omvattende studie oor die normering geskiedenis van een van die jongste tale uit Afrika en die besondere rol van sy Taalkommissie, soos vergestalt in opeenvolgende uitgawes van die Afrikaanse woordelys en spelreëls, aan 'n wyer lezersgroep beskikbaar.

View full details