ISBN: 9780958462693 | Published: October 15, 2008 | Soft Cover
`n Stem vir Suid-Afrika
`n Stem vir Suid-Afrika
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Hierdie outobiografie vertel van uitsonderlike talent, teleurstellings, deursettingsvermoë en wêreldroem. Dis die storie van ’n vrou wat haar nie aan vooroordeel steur nie en deure open oor kunsmatige grense heen – ’n lewensverhaal met ewe veel drama, ironie en patos as die grootste rolle wat Mimi Coertse vertolk het.
Mimi Coertse, Suid-Afrikaanse sangeres wat wêreldgehore aan haar voete gehad het, vertel haar storie aan Ian Raper. Dis die onderhoudende, menslike vertelling van ‘n diva wat van kleins af geweet het sy wil sing, die verhaal van struikelblokke en onstuitbare drif, van persoonlike verliese en roem in die vreemde en die verlange na haar vaderland. Terwyl sy in Wene die eretitel ammersängerin gehad het, het sy ook Afrikaanse liedere soos O, Boereplaas en Heimwee daar bekend en geliefd gemaak. Terug op eie bodem het sy haar talent aangewend om jong stemme uit benadeelde gemeenskappe te identifiseer en af te rig vir ‘n lewe om te sing.
Author Mimi Coertse
Author Ian Raper
Share
