Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781037002311 | Published: November 19, 2024 |

Zani sê nee

Zani sê nee

Author:Irene Nel
Illustrator:Ronell Lareman
Regular price R 250
Regular price R 0 Sale price R 250
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Klein-Maggie se hart is baie seer toe daar iets vreesliks met een van haar maatjies by die skool gebeur. Dit het haar troetelbeertjie, Zani, aan die dink gesit oor ’n belangrike woord wat Klein-Maggie moet sê om haarself te beskerm – soos wanneer iemand haar aanmoedig om iets te vat wat nie aan haar behoort nie; wanneer mense lelik praat of lelike flieks kyk; wanneer ’n vreemdeling aan haar wil raak of ’n foto van haar wil neem. Zani-beer noem hierdie kort woordjie kinders se “kodewoord” om hulself te beveilig.
Oor Irene Nel

Irene Nel woon in Windhoek waar sy die afgelope veertien jaar ’n onderwyseres is. Haar lewe draai om haar gesin en haar geloof. Kinders is haar passie – daarom leef sy haar uit in haar skryfwerk en het die afgelope jare verskeie kinderboeke die lig laat sien: Die wysheid van Zani-beer (2022), Zani-beer en Klein-Maggie kuier in die wildtuin (2023) en Zani-beer en Klein-Maggie se seevakansie (2023).

Author Irene Nel

Illustrator Ronell Lareman

View full details