Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781037003998 | Published: June 2, 2025 |

Memoires van 'n soldaat

Memoires van 'n soldaat

Regular price R 495
Regular price Sale price R 495
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Elke soldaat in wie se kop die oorlog nog by tye weer woed behoort sy storie te vertel, al is dit net vir homself, of vir sy gesin of familie, of vriende. Skryf is terapeuties. Ek het dit aan my eie lyf gevoel. Die dag toe ek die eerste Seun-boek in my hand gehou het het ek weer deur Voortrekkerhoogte gaan ry, en eers tóé het die trane gekom.
'n Mens kan Anné Pretorius net bedank vir hierdie boek.
Nog net dit: Ons is army toe gestuur “om 'n man” te gaan word. 'n Man huil nie. 'n Man moet 'n bars kan kyk. Daardie geloof hoort in die verlede. Bevry jouself daarvan en vertel jou storie so eerlik as wat jy kan. Dis genesend.' - DANA SNYMAN

• Kunstig saamgestel, duursaam en inspirerend.
• Nie net 'n mooi geskenk nie, dis 'n kunswerk en 'n erfstuk.
• Die boek bestaan uit 8 hoofstukke met gepaste digkuns en kunswerk wat jou op reis neem - deur jou eie weermag herinneringe.
• Daar is 'n stewige koevert waarin die oorlog veteraan memorabilia soos foto's, dokumente, balkies en 'n usb (vir video's, foto's en stemboodskappe) kan plaas.
• Dit bevat ook kaarte waarop oud makkers kan aandui waar hulle opleiding ontvang het en aangewend is.
• Die boek sluit 'n kleiner handleiding in wat inspirasieprikkelaars (prompts) bevat. Die doel is om leiding te gee, sonder om voorskriftelik te wees.

View full details