Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781037009327 | Published: January 2, 2025 |

Die laaste dae

Die laaste dae

Regular price R 330
Regular price R 0 Sale price R 330
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Elke dag van my lewe loop ek hier op hierdie grond met my kaal voete. Ek loop oor grasse en plate groen kruieplantjies waar daar goeie weiding is vir my bokke. En smiddae as die son brandhoog sit en ons is op 'n lekker plek, dan loop rus ek vir ''n kort siësta in 'n kol koel skarrewee onder 'n eik of 'n wildevy. Dan ruik ek die see en die kruie wat warm kry van die son: roosmaryn, vinkel, kruisement. My kop is dan naby die aarde en sy praat met my. Die laaste tyd is sy omgekrap.

Die eenvoudige bokwagter besef dat Vesuvius weer gaan uitbars. Die ander mense van Pompeii en Herculaneum leef in ontkenning totdat die onvermydelike katastrofe op 24 Oktober 79 n.C. plaasvind. In hierdie roman gee Marié Heese 'n lewensgetroue beeld van daardie laaste dae deur die inwoners van dié twee stede self aan die woord te stel. Die leser word meegesleur deur die verskillende verhaallyne wat al hoe spannender raak soos wat die dreiging toeneem.

Author Marié Heese

View full details