Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781037024160 | Published: January 8, 2025 | Paperback

Lig en skadu in die paradys

Lig en skadu in die paradys

Regular price R 275
Regular price R 0 Sale price R 275
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Lig en skadu in die paradys is 'n bundeling van Cornelia de Kock se rubrieke wat sy vir Netwerk24 geskryf het. Hierdie rubrieke is almal grepe uit die lewe: 'n kortstondige ervaring, gebruike wat van kindsbeen af deel is van haar grein, musiekstukke wat onthoustukke word, onverwagse ontmoetings wat tot vriendskappe lei … Een van die belangrikste eienskappe van 'n goeie rubriekskrywer is 'n skerp waarnemingsvermoë. Sy wys dit vir ons in haar (soms humoristiese) vertellings omtrent ouerskap, kind wees, die ervaring van vreugde en verlies. Kortom, dit wat van ons mense maak.

OOR DIE SKRYWER
Cornelia de Kock is 'n gebore en getoë Vrystater. Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy 'n doktorsgraad in Kultuurgeskiedenis verwerf. Sy hou skool op Stellenbosch en doseer aan die Opvoedkunde-fakulteit. As 'n nooi Spies het sy getrou met Johan de Kock, 'n soöloog, wat in 2024 oorlede is. Hulle het drie kinders: Johan, Corlie en Annemarie, en drie kleinkinders.

View full details