ISBN: 9781037031878 | Published: August 1, 2025 |
Waar die Leeu nog Brul
Waar die Leeu nog Brul
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Waar die Leeu Nog Brul bring hulde aan Suid-Afrika se uniekheid en buitengewone prestasies. Dit neem die leser op 'n reis deur die land se geskiedenis, van die eerste vestiging aan die Kaap tot die tyd toe Suid-Afrika as 'n industriële reus wêreldwye erkenning ontvang het vir sy wetenskaplike, kulturele en militêre bydraes.
Hierdie boek vertel die verhaal van 'n volk wat 'n volkseie staat uit die grond opgebou het: van pioniers wat in 'n ongenaakbare landskap moes oorleef, tot ingenieurs en wetenskaplikes wat, ten spyte van boikotte en internasionale druk, werk van wêreldgehalte gelewer het. Teen alle verwagtinge het hierdie volk 'n eie kultuur, identiteit en vooruitstrewende ekonomie gesmee, met prestasies wat strek van gevorderde kernnavorsing en lugvaartontwikkeling tot selfonderhoudende nywerhede soos Sasol en Yskor.
Terselfdertyd is dit 'n sober herinnering aan wat verlore gegaan het: 'n land met ongekende potensiaal wat deur korrupsie en wanbestuur verwoes is. Waar die Leeu Nog Brul is nie net 'n huldeblyk aan 'n volk wat deur geloof en deursettingsvermoë hierdie land opgebou het nie, maar ook 'n waarskuwing - oor wat gebeur wanneer 'n volk sy erfenis prysgee.
Author Adriaan Snyman
Author Gustav Snyman
Share
