Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781037034541 | Published: April 1, 2025 | Paperback

Dawerende Stiltes

Dawerende Stiltes

Regular price R 260
Regular price R 0 Sale price R 260
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Penskepsels

dalk skryf my pen vandag meer
leesbaar
dalk vertaal sy 'n beter verstaan
iets wat nie aan tyd gebonde is nie
iets telepaties wat sy kan skryf
net soos jy dit sou dink
iets wat in die sfeer
van gewone denke kan verdwaal
of iets wat 'n paar stiles kan skep
iets wat die seer in jou
kan verbrokkel tot 'n afsoen
iets wat met metafore
lig kan bring
na die vensters van jou siel
of sommer net iets
wat jy vir altyd sal onthou

Author Caren Kearley

View full details