Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781037042133 | Published: April 1, 2025 |

Kategismus

Kategismus

Regular price R 300
Regular price R 0 Sale price R 300
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Tesourus
begin by die lemma heelal
lys alle semanties verwante
woorde en eindig by mikrosel
daar het jy dan die samehang
en sin waarna matematici
en filosowe al so lank verlang
want wat jy kwalik meer kan tel
word kosmies en sekuur in
die spinnerak van taal vasgevang


'n Kategismus is die samevatting van 'n godsdiens se leerstellinge wat in die vorm van vrae en antwoorde aangegebied word. Die Heidelbergse Kategismus van 1563 is een van die belydenisskrifte van die Protestantse Christendom. Die eerste vraag lui soos volg: Wat is jou enigste troos in die lewe en in sterwe? Die antwoord is: Jesus Christus, die Woord van God wat vlees geword het op die aarde. In sy digbundel met die titel Kategismus probeer Daniel Hugo dié vraag op sý manier beantwoord. Wat die lewe vir hom draaglik maak en troos verskaf, is die digkuns - die woord met 'n kleinletter. In sy gedigte besing hy aardse dinge: die liefde, die natuur en die werk van ander digters wat die lewe vir hom sinvol maak. Hy doen dit met sy kenmerkende woordpresisie en tegniese vakmanskap.

Author Daniel Hugo

View full details