Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781037076480 | Published: November 11, 2025 | Paperback

Koorsboom

Koorsboom

Regular price R 150
Regular price R 0 Sale price R 150
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Koorsboom is Jakes Möller se debuut as digter. Hy is 'n vorm- en rymvirtuoos. Dit blyk duidelik uit sy vernuftige aanwending van die haikoe, kwatryn, sonnet en villanelle. Hy skryf met die fyn waarneming van 'n wetenskaplike oor die mens, die natuur en die heelal. Die slotsom waartoe hy kom is: “die vreugde van die alledaagse my laaste sakrament”.

Oor Jakes Möller
Jakes Möller (1973) is gebore in Windhoek en werk sedert 2020 in Brits as 'n radioloog. Hartbeespoort en Brits in Noordwes is 'n omgewing wat enersyds landelik en selfs idillies van aard is, maar andersyds ook distopies en amper post-apokalipties. Die buitegewone natuurskoon van die Magaliesberg en Bosveld staan in skerp kontras met die swaar industrieë van die streek, munisipale verval en maatskaplike verbrokkeling. Koorsbome floreer in dié omgewing.

Author Jakes Möller

View full details