Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781037078200 | Published: August 19, 2025 | Soft Cover

Die tyd van Verwoerd 1901 - 1960

Die tyd van Verwoerd 1901 - 1960

Author:LJ Bothma
Regular price R 495
Regular price R 0 Sale price R 495
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Die tyd van Verwoerd (1901-1960) is nie geskryf om Apartheid en dr. Hendrik Verwoerd se doen en late te regverdig of te veroordeel nie, maar 'n eerlike poging om dit te beskryf soos dit was en dit in konteks te plaas.
LJ Bothma - onafhanklike skrywer en navorser - wat bekendheid verwerf het met boeke soos Die Buffel Struikel, Rebelspoor en Vang 'n Boer, werk deeglik en draai nie doekies om nie. Hy gaan haal die storie by Jan van Riebeeck en trek die lyne deur tot by die opspraakwekkende 1948-verkiesing toe die ikoniese Jan Smuts in Standerton verslaan is. Bothma plaas die leser terug in tyd. Dan werk hy stap vir stap, jaar vir jaar en later selfs dag vir dag vorentoe, soos die Nasionale Party en sy leiers met Verwoerd al prominenter, meedoënloos voortstroom na die doelwit - 'n blanke republiek.
'n Historiese proses word beskryf wat soos 'n skaakspel verloop. Twee uiteenlopende ideale wat nie saam onder een dak kan bestaan nie skuur vinniger teen mekaar. Die wind van verandering waai al sterker totdat die kortsluiting op 21 Maart 1960 kom, by Sharpeville.
Verwoerd staan soos 'n blok graniet; en word dan self die teiken...

Author LJ Bothma

View full details