ISBN: 9781037089596 | Published: December 15, 2025 | Paperback
Poëme
Poëme
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Kommer
Om 'n wyle te skuil
in 'n hokaai
in die buig van 'n komma
te hoor hoe tier dit
in vokale
kraak konsonante
en dan tog nog
onverskrokke tot die punt te kom.
Standaardtaal
Eensaam die digter
stuiptrekkend
aan sy eie stamboom
opgehang.
OOR DIE DIGTER
Wium van Zyl is 'n boorling van Doornkraal in die Duiwenhoksvallei. Sy jeugkontrei lê teen die Langeberge met Grootvadersbos en Boosmansbos aan die bo-lope van die rivier wat deur alles vloei. Hiervandaan brei hy sy wêreld langsaam uit na Heidelberg, Witsand, die Strandveld en tot van die mees afgeleë dele van Suid-Afrika en Namibië, die Lae Lande, die res van Wes- en Oos-Europa, verskillende streke in Afrika, Indonesië. Sy eerste bundel, Oggendvuur, verskyn in 1991. Van sy poësie is opgeneem in Groot Verseboek en verskeie ander bloemlesings, ook in die Nederlande.
Author Wium van Zyl
Share
