ISBN: 9781037094736 | Published: December 15, 2025 | Paperback
Liewe Ma ... briewe uit my weermagdae
Liewe Ma ... briewe uit my weermagdae
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Liewe Ma … is die briefwisseling tussen die skrywer en sy ma, Coby, in die jaar 1974 toe Pierre 'n dienspligtige in die Suid-Afrikaanse Weermag was. Coby spreek haar kommer oor haar seun se welstand uit, vertel hom van gebeure in hul tuisdorp, die Paarl, en hy vertel haar van sy lewe as jong soldaat en sy verlange huis toe.
Dekades lank het ma en seun hierdie kosbare briewe afsonderlik in skoendose bewaar - onwetend van mekaar. Dis eers toe Coby se boksie ná haar dood in 1999 ontdek is, dat Pierre hul briewe in volgorde kon rangskik om die verhaal van een jaar in hul lewe chronologies te vertel. Dié boek is egter meer as net 'n vertelling van die gesin Louw se wel en wee ... dit neem lesers terug na 'n byna vergete tyd in ons samelewing en landsgeskiedenis, toe seuns binne maande mans moes word. Die publikasie van hierdie onthouboek het saamgeval met wat vanjaar Coby se 100ste verjaardag sou wees.
Author Pierre Louw
Share
