Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781037098840 | Published: November 2, 2025 | Paperback

Pale Toe!

Pale Toe!

Regular price R 249
Regular price R 0 Sale price R 249
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Pale Toe! In hierdie boek skryf die veteraan-rugbyskrywer Michael Green, nes in sy vorige boek Stryd van die Reuse, oor 'n klompie wonderlike karakters wat deur die jare hul talente op die rugbyveld uigestal het.
Dis nou manne soos Kwagga Smith, Beast Mtawarira, Percy Montgomery, Chester Williams en prins Alexander Obolensky, om net 'n paar te noem. Green vertel ook van sy eie avonture in die rugbywêreld, soos van die dag toe Joost van der Westhuizen hom dik wou tik. En hoe hy as kind die Springbokslot Moaner van Heerden in 'n inkopiesentrum agtervolg en geteister het.
En toe 'n dorp se drank opgeraak het ná 'n onverwagte sege teen die All Blacks en oor die Stellenbosch-kroegspan se omstrede rugbytoer waar die dronk spelers graag “Springhaas-springhaas” gespeel het. Nie jou alledaagse rugbyboek nie, dis 'n rugby-rondomtalie wat jou kan laat lag, huil en ril van lekkerkry!

Author Michael Green

View full details