ISBN: 9781048311532 | Published: August 7, 2026 | Paperback
Sy wat wil dien
Sy wat wil dien
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Arina Strydom is ’n baanbreker, soldaatvrou, gemeenskapsleier en vurige voorstander van diensbaarheid. Ná matriek in 1971 word sy gekeur vir die eerste militêre kursus vir vroue in die Suid-Afrikaanse Leër en later vir offisiersopleiding – as een van die eerste vroue wat as volwaardige offisiere aangestel word.
Hoewel sy haar belowende militêre loopbaan prysgee om haar man, beroepsoffisier Johan Jooste, se loopbaan te ondersteun, wy sy haar daarna aan soldate, militêre gesinne en gemeenskappe. Sy dien vir 17 jaar as bevelvoerdervrou in agt eenhede in Suid-Afrika en Namibië en bestuur later vir 18 jaar die niewinsgewende TOIBO.
As “Mama Ranger” raak sy betrokke by natuurbewaring en ondersteuning van veldwagters tydens die renosterstroperykrisis. Sy lei ook die herdenking van SALVKOL se 50-jarige bestaan, wat aanleiding gee tot Projek Flamink, ’n ondersteunings- en kultuurhuis vir vroueveterane en SALVKOL-alumni.
’n Inspirerende verhaal van diensbaarheid, leierskap, moed, veerkragtigheid, vroue in die weermag en gemeenskapsdiens.
Author Arina Jooste
Share
