ISBN: 9781048321388 | Published: September 30, 2026 | Paperback
Vers & Kapittel III
Vers & Kapittel III
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Daniel Hugo (1955) is op Stellenbosch gebore. Hy gaan skool op Greyton en in Windhoek waar sy pa ’n predikant was. Hy studeer aan die Universiteite van Stellenbosch, Pretoria en Leuven, en verwerf ’n doktorsgraad oor die vernufspoësie. Hy was ’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat.
Daarna was hy’n omroeper by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK. Daar het reeds 17 digbundels uit sy pen verskyn – die jongste is Kategismus van 2025. Vir sy vertaalwerk uit Nederlands is hy twee keer deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon. Vir sy digbundel Klinkklaar (2021) ontvang hy ’n ATKV-Woordveertjie.
Author Daniel Hugo
Share
