ISBN: 9781048328707 | Published: August 20, 2026 | Paperback
Geoorloofde moord
Geoorloofde moord
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
As ʼn mens wil weet wat moord is, kan jy dit gaan navors en deesdae gaan Google. Daar is sekerlik genoeg bronne om ʼn mens lank besig te hou en met ʼn gepaste verduideliking te laat wegstap. Jy, as moordenaar, mag dalk nie met die verklaring saamstem nie. As jy boonop opdrag van ʼn hoër gesag ontvang, word jy mos van enige verantwoordelikheid gevrywaar. Dit maak die daad makliker. Dit raak minder gekompliseerd met die tweede en die derde moord, want die aanspreeklikheid is nie joune nie.
Die Reg is verkeerd en dit moet reggestel word. Dit is jou opgelegde taak om die wêreld bewus te maak van wat immoreel is, sodat die stelsel verander kan word. Soms, as die pyn te erg raak, drink jy meer pille. Dit maak jou nog meer toeganklik vir die stem wat jou lei. Jou insig verdiep en jy kan dus optree soos wat jy mettertyd besef wat jy moet doen.
Author Johan de Nysschen
Share
