ISBN: 9781048336634 | Published: November 1, 2026 | Paperback
Goedheid en guns
Goedheid en guns
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Die tweede storie in die reeks oor die Barnardmeisies is hier!
Sy is by ’n kruispad, hy is met sy rug teen die muur: Mari Barnard se loopbaan as model is verby, en sy het so hard gewerk aan plan A dat sy nooit aandag gegee het aan plan B nie.
Sy is een-en-dertig en skielik is sy werkloos, en rigtingloos. Dawid McGregor is radeloos. Lily-lief, sy oorlede broer se dogtertjie, is in sy sorg, maar skielik wil haar vervreemde ma beheer en toesig oor haar hê. Nie net gaan hy hierdie kind verloor nie, hy gaan die helfte van sy plaas verloor as haar ma Lily se aandeel daarin verkoop. Van daardie helder oomblik in die Kompanjiestuin toe hulle mekaar die eerste keer gesien het, het sy geweet dit is so bestem: Hierdie man en hierdie kind is haar rede. Maar Dawid is ‘n man van min woorde en lang stiltes – iemand wat nooit geleer het hoe om te vertrou nie, iemand wat stom gelaat is deur die ontberings van die verlede.
Gaan Mari Barnard, met haar eerlikheid en emosionele onverskrokkenheid hierdie man kan bereik, of is die houe wat die lewe uitgedeel het net te seer en die littekens te diep? Goedheid en guns is ‘n diep menslike verhaal wat in elke Sophia Kapp-aanhanger se smaak gaan val.
Author Sophia Kapp
Share
