ISBN: 9781049217048 | Published: November 24, 2025 | Paperback
Trompie en die Kruger geheim
Trompie en die Kruger geheim
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Trompie die held het groot geword. Hy leef nou in die groot stad in ‘n vervalle wêreld vér verwyderd van sy sorgelose jeug in die wye ooptes van ‘n plek genaamd Kwaggaberg.
Na ‘n verskriklike tragedie net voor sy agtiende verjaarsdag en slegte lewens besluite daarna, het Trompie sy pad verloor. Vervreemd van sy pa en verwyderd van sy ou vriende, is hy afgemat met drome gebroke, ‘n skadu van sy ou self.
Kwaggaberg word getref deur ‘n onverklaarbare aardbewing gevolg deur Katrien Gerritz se skielike opwagting na baie jare. Die eertydse “vyfde lid” van die ou Boksombende, nou ‘n seismoloog in Kalifornië, verduidelik aan Trompie dat sy iets ontdek het, oorspronklike 1892 ponde en die moontlike leidrade na ‘n antieke skat, en dat sy, hom nodig het. Hy is ongeïntereseerd, maar ‘n donker komplot wat wegkruip agter die ou legende oorreed hom om terug te keer huis-toe, terug na Kwaggaberg.
Hy volg Katrien na ‘n tyd en plek amper vergete waar hul herenig met die oorspronklike Boksombende sowel as sy vader en word meteens sonder waarskuwing weggeraap in ‘n lewensgevaarlike missie in hul soeke na die mitiese Kruger Miljoene.
In ‘n gevaarlike spel van geheime simbole en ou skatkaarte, raaisels, terroriste, boewe, bloeddorstige lokvalle en ‘n duisend angswekkende skaduwees, stuur hul kontemporêre kruistog af op ‘n wrede botsing met ‘n donker en onheilspellende figuur van lank gelede… en die Kruger geheim.
Een legende gaan op ‘n ontdekkingsreis na ‘n ander.
Trompie is terug…
Author Marcell A. Greeff
Share
