ISBN: 9781049235936 | Published: April 11, 2026 |
Ja, jy kan gelukkig(er) wees
Ja, jy kan gelukkig(er) wees
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Ja! Jy kan gelukkig(er) wees
- Is jy oor die algemeen gelukkig, maar soms erg ongelukkig?
- Is jy soms bang dat iets jou geluk van jou gaan wegruk?
- Voel dit asof geluk soms net buite jou bereik bly?
- Wens jy soms jy kan gelukkiger wees?
Ja! Jy kan gelukkig(er) wees is ’n rustige uitnodiging om (weer) te leer leef met teenwoordigheid, betekenis en vrede. Hier ontdek jy watter gewoontes jou wérklik help om gelukkiger te wees, wat jy moet laat gaan om ligter te leef, en hoe stilte, aandag en dankbaarheid jou lewe kan verdiep. Deur die insigte van neurowetenskap, positiewe sielkunde en lewens filosofie te verweef met praktiese oefeninge, word geluk nie ’n ideaal nie, maar ’n leefwyse – eenvoudig, haalbaar en vol sagtheid. Geluk begin nie eendag nie. Dit begin nou – asem vir asem, oomblik vir oomblik.
Gerhard Bothma inspireer graag mense om hulleself te wees en dinge te doen wat hulle inspireer. “My droom is dat elke mens hulleself kan wees en as hulleself tussen en met ander mense saam kan leef, werk en wees. En dat elkeen hulleself ten minste kort nadat hulle opgestaan het, wanneer hulle die dag binnegaan en voordat hulle gaan slaap in ’n spieël te kan kyk en eg kan sê: “Dis great om ék te wees”.
Author Gerhard Bothma
Share
