ISBN: 9781049236018 | Published: December 19, 2025 |
Erfgrond
Erfgrond
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Riekie en Bertus is broer en suster. Die waarheid is egter dat hy aangeneem is nog voordat sy gebore is. Nie een van hulle is die erfgename van die plaas waarop hulle grootgeword het nie. Riekie se jonger broer, Paul is die oudste Bronkhorst seun Bertus het die aanneem familie se naam gekry, maar Paul, die volbloed Bronkhorst seun is die een wat die plaas gaan erf.
Almal weet dit en die ander twee kinders gaan elkeen ‘n polis erf wat gelykstaande is aan die waarde van die plaas. Dit klink regverdig, maar wat nou as Paul besluit om die plaas te verkoop aan die myn langsaan? Dit was tog nie sy pa se wens om die plaas uit die Bronkhorst se besit te verloor nie.
Toe hulle ouers vermoor word, wys alle vingers na Bertus en hy is vir die tweede keer in sy lewe ‘n weeskind. Sy familie draai die rug op hom en waar hy moes veg vir die behoud van die plaas, moet hy skielik veg vir sy eie bestaan.
Author Johan de Nysschen
Share
