Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781049274416 | Published: May 4, 2026 | Paperback

Dharma-dwaas in Doodloopstraat

Dharma-dwaas in Doodloopstraat

Regular price R 378
Regular price R 420 Sale price R 378
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Dharma-dwaas in Doodloopstraat is die tweede roman in Sjaka Septembir se beplande trilogie oor die karakter Biko April. Dit volg die geestige, desperate en romanties-roekelose pad van hierdie Don Quixote-kryger en zen-dwaas wat met liefde, erotiek en kreatiwiteit die wêreld se wrede werklikheid kop eerste aanpak. Drie dae voor sy huur betaal moet word, staan hy sonder plan op die rand van niks. Terwyl hy probeer oorleef as kunstenaar in 'n Kaapstad wat dreig om hom te verpletter, kruis sy pad met dié van Naziem, 'n jong man vir wie geweld en moord alledaags geword het.
Maar Biko se ware stryd is in sy romantiese verhoudings - die idealisering, die verlange, die romantiese dwaasheid - wat hom konstant
swaai tussen ekstase en vernietiging, tussen liefde en die afgrond. In 'n wêreld waar hoop broos is en chaos groei, word kuns sy laaste toevlug. Hierdie roman is 'n soeke na betekenis, na vryheid - en na die moontlikheid dat liefde selfs in die donker kan bly voortbestaan.

View full details