ISBN: 9781067234294 | Published: January 10, 2025 | Paperback
Die Lelieblom
Die Lelieblom
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Lelieblom val weg op ʼn outobiografiese noot deur kortliks te vertel van Leilani en haar gesin se lewenspad wat in 'n oogwink in 'n onbekende, gevaarlik kronkelende grondpad verander het - en hoe hulle dit oorleef het.
Die lewe is nie maklik nie. Ons almal het probleme. Die lewenspad is dikwels besaai met dorings en soms bevind ons onsself op die grondpad van die lewe. Ons is nie altyd voorbereid op 'n storm wat ons lewe in 'n oogwink en vinniger as 'n gedagte kan verander nie.
'n Lelie is besonders en simboliseer liefde, kennis en innerlike skoonheid. Dit is nodig om onsself deur God se oë te sien en vir onsself lief te wees sodat ons 'n gelukkige en suksesvolle lewe kan leef. Ons is almal uniek met verskillende talente en baie kosbaar. Ons is soos blomme, elkeen is besonders.
Lelieblom inspireer met wyshede, bemoediging en positiewe gedagtes. Ons lewenspad is vol lesse wat ons kan aanwend om emosioneel van krag tot krag te gaan. Ons het ook nodig om die kompas in ons siel te gebruik sodat ons in die regte rigting sal stap. Soos wat Robert H. Schuller dit stel: “Tough times never last, but tough people do.”
Onthou: Sukses is nimmereindigend en mislukking is nooit finaal nie.
Author Leilani Luyt Potgieter
Share
