Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781067234584 | Published: July 7, 2025 | Paperback

Die Speletjie

Die Speletjie

Regular price R 260
Regular price R 0 Sale price R 260
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Talia is in Graad 8. 13 amper 14 jaar oud. Sy is slim. Jy kan amper sê sy is 'n superkind. Die enigste kind in haar familie — met 'n binnehuisversierder-ma, argitek-pa, kunstenaar-ouma en 'n oupa met OKV.
Dit is juis die slimheid wat haar en haar beste vriendin Nzingha, op Hoërskool Ruiterhof se Graad 8-akademiese toer neem.
Die toer begin by die grillerige Huis Fabergé met die vreemde eienaar, Vladlena. Die huis met 'n toegespykerde deur, vreemde beeld in die voorportaal, en 'n meisie met hartseer oë wat haar smeek om haar en haar ma te help.
Talia word deel van 'n magiese wêreld waar sy 'n veer, skulp, ster en diamant moet vind om die raaisel van die roossteen op te los.
En as sy sou misluk?
Dan sal die bose Ruslan en Vladlena almal vir altyd gevange hou in 'n wêreld van illusies.
Wie is die meisie met die hartseer oë? En waarom het sy juis vir Talia gekies om haar te help?
Dalk is die vreemde skildery van Ouma, toegedraai in 'n doek in Oupappa se garage, die antwoord op al die vrae.

View full details