ISBN: 9781067234669 | Published: September 1, 2025 | Paperback
Die helfte is jou nie vertel nie
Die helfte is jou nie vertel nie
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
In die helfte is jou nie vertel nie verken Thérèse beide die noodsaaklikheid én beperkings van die geskrewe woord. Sy keer terug na die orale, klankryke tradisie van poësie – veral as dit gaan oor die ervarings van mense wat nie kon lees of skryf nie, of wat deur die gemeenskap stemloos gelaat is. Daarom het Thérèse met Jitsvinger saamgewerk om ‘klankbane’ te skep vir elf van haar gedigte. Elkeen van dié gedigte het hul eie QR kode in die bundel.
In die helfte is jou nie vertel nie gaan Thérèse die onvertelde Suid-Afrikaanse geskiedenis in. Sy besin oor die ervarings van vroue en kinders in die Suid-Afrikaanse oorlog, asook die van haar eie voorouers. “Hoekom?” word die eerste kletsrym in Afrikaans oor wit en swart kindersterftes tydens die Suid-Afrikaanse oorlog. Sy wil deur haar poësie ook die huidige traumas wat jong mense raak, sigbaar maak, en van haar persoonlike verliese merk.
Thérèse Bartman debuteer as digter in Nuwe Stemme 3 (2005). Van haar gedigte is in versamelbundels opgeneem, insluitend Groot Verseboek. Onder haar ander naam, Thérèse Hulme, skryf sy verskeie kinderboeke, asook Praat jy! Idees vir die skep van ‘n skryfkultuur in die klas (2022) en My Word, Ideas for creating a writing culture in the classroom (2022). Hierdie publikasies is gebaseer op haar werk oor agttien jaar om jong mense in gemarginaliseerde gemeenskappe aan die skryf te kry. Sy self-publiseer jong skrywers van Scottsville se werk in piemp (2009).Thérèse is ook ‘n Narratiewe terapeut in privaatpraktyk, en ‘n mentor vir onderwysers en mense wat met kinders werk. Oor dekades verwerf sy die grade BA Drama, BA Honneurs Afrikaans/Nederlands, MA en DTh in Praktiese Teologie met Spesialisasie in Pastorale terapie.
Sy woon in Houtbaai.
Author Therese Bartman
Share
