ISBN: 9781067234768 | Published: November 21, 2025 | Paperback
Nou hou ons net aan
Nou hou ons net aan
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Toe die destydse Radio Pretoria vir die eerste maal in September 1993 gelisensieer is om tydelik vir twee naweke uit te saai, het die tegniese beamptes, wat gehelp het met die eerste uitsendings vanaf Donkerhoek buite Pretoria, vir die stigter van die radio, ds.Mossie van den Berg gevra wat hulle moet maak wanneer die tydelike lisensie die Sondagaand om 24:00 verstryk.
Sy antwoord was: “Dan hou ons net aan!”
Hierdie woorde het 'n leuse geraak waarmee die radiostasie, gebore in die storm-en-drang-jare van die politieke oorgang van 27 April 1994, sy vele uitdagings trotseer het.
Die uitdagings het gewissel van 'n giftige media-omgewing van etikettering en stereotipering waarin die radiostasie ontstaan het, tot insidente waar polisiemanne van die destydse onlusteeenheid van die ou Suid-Afrikaanse Polisie in Caspir-voertuie op Donkerhoek opgedaag het om die uitsendings te stop en uiteindelike hofaansoek op hofaansoek totdat die radiostasie vir die eerste maal in 2010 permanente uitsaailisensie ontvang het.
Die stasie het gegroei van 'n rebelle-strydradio tot 'n gerekende media-instelling met visie om onafhanklike Afrikaanse inhoud in elke huis waar Afrikaans gepraat word, te skep.
Vandag word die stasie nie net landwyd op DStv se oudio-boeket geluister nie, maar ook wêreldwyd via die internet en selfoontoepassing asook op FM vanuit verskeie sentra.
Die boek Dan hou ons net aan! vertel hierdie verhaal soos neergepen deur die oprigters van die radiostasie, ds. Mossie van den Berg, prof. Adriaan Pont, prof. Schalk Botha en oud-regter Bill Prinsloo en verskeie rolspelers en aktiviste wat 'n radiostasie uit uitgediende SAUK-toerusting aanmekaar gesit het en net aangehou het, ten spyte van die hewigste teenkanting.
Die boek word onder redakteurskap van Willie Spies uitgegee.
Author Willie Spies (Redakteur)
Share
