Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781067234775 | Published: August 1, 2025 | Paperback

Oorkant

Oorkant

Regular price R 340
Regular price R 0 Sale price R 340
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Hoe vergoed 'n seun uit 'n arm gemeenskap vir 'n ongeluk waaraan hy aandadig is? Sy skuldgevoel vir die dood van 'n vriend dryf hom deur sy skool- en universiteitsjare. Hy word betrek by 'n student-opstand, beleef selfs die geweld van die Mosambiekse bevryding. Nooit kry hy 'n kans om te help nie. Dan word hy gewerf om mediese opleiding in Kuba te ondergaan.
In Havana bots die opvattings van die seun Shando uit die klein Dunn-gemeenskap met die van sy dosente en die veiligheidspolisie. Hulle verban hom en lanseer hom suid in 'n lugballon. Sy vaart voer hom weg na 'n nuwe wêreld, oorkant die bladbeen van Suid Amerika, tot in 'n ander tyd.
Shando se nuwe lewe begin hy onder die Selk'nam Indiane van“Tierra del Fuego;” 'n primitiewe gemeenskap van jagters, vissers en versamelaars van veldkos. Watter rol is daar vir hom in die afloop van hul geskiedenis?
Kan hy hulle help oorleef?

Author PJ Haasbroek

View full details