Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781067235048 | Published: April 1, 2026 | Paperback

Hinterland

Hinterland

Regular price R 275
Regular price Sale price R 275
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

'n Werklose swerwer, wat hom voordoen as 'n linguis, sluit aan by 'n ekspedisie op soek na die laaste oorblyfsels van 'n byna-uitgestorwe en fabelagtige ras van gorillas. Hy is veral gefassineer deur die lang en lenige Duitse wetenskaplike, Annegret, wat as dierkundige die ekspedisie meemaak. Sy slaag meestal daarin om hom op sy plek te hou, terwyl hulle al dieper in die hinterland indring.
As gevolg van haar slegte ervarings by die dieretuin waar sy as jongmeisie gewerk het, die meemaak van 'n ingrypende tragedie op see, en die louterende belewing van die landskap en die inwoners van die gebied waardeur hulle beweeg, besluit sy gaandeweg om nie net die gorillas te probeer vind nie, maar ook te leer om met hulle te praat en by hulle te woon.

View full details