ISBN: 9781067235079 | Published: December 11, 2025 | Paperback
Verantwoording
Verantwoording
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Verantwoording handel oor die mens as antwoordende wese in ‘n tyd van kitsantwoorde. Juis in so ‘n tyd is dit nodig om die idee van die mens as talige wese, en as politieke dier– twee van Aristoteles se insigte, te heroorweeg. Tesame met hierdie twee dimensies word die natuur en die geestelike dimensie betrek om sodoende ‘n geheelbeeld te vorm waarin die mens bestaan. In ‘n tyd waarin inligting in klein stukkies opgekap word is dit juis nodig om weer ‘n begrip van die geheel te vorm, ‘n geheel wat egter nie meer staties en in streng kompartemente bedink kan word nie. Om ‘n dinamiese en interafhanklike geheel te bedink vereis voegsaamheid, die ingesteldheid om die geheel soos dit uitdrukking vind in ‘n bepaalde tyd, in gesprek met ander tydsgewrigte te plaas. Verantwoording bied dan so ‘n geheelbeeld sonder om dit as die finale begrip van die geheel daar te stel. Dit is ‘n dialogiese, tydsgewrigtelike poging om die geheel te bedink deur die deel en die deel deur die geheel.
Author Hercules Boshoff
Author SAAWK
Share
