ISBN: 9781415201756 | Published: May 1, 2016 |
Die Formidabele Ling Ho
Die Formidabele Ling Ho
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Wanneer kansvatter van formaat Willem Landman sy swart snor opplak en sy satynskoene met die klokkies op die punte aanhet, is hy Ling Ho: opperstetowenaar en showman. Van skoolsaal na kerksaal na landbousaal reis Willem, sy assistent en sy kat in hul bakkie, gevolg deur 'n karavaan, gevolg deur 'n Ventertjie, oor die grasvelde van Mpumalanga.
Dit is hier waar dié klein bende vir Evie en Noah raakloop. In hul biblioteekwa bring dié gedemoveerde bibliotekaresse en die drywer van die Travelling Library die geskrewe woord na die mense.
Tussen Evie en Willem is daar 'n vonkie, maar daar is ook onweer in die lug. Die storm in aankoms gaan Willem en die meisie in die kis se bloutjie een aand met die saagtriek na kinderspeletjies laat lyk.
Johan Kruger steek die draak met allerlei swaarwigtige Suid-Afrikaanse werklikhede. Sy satire Die formidabele Ling Ho is soos 'n welkome bui reën oor 'n dor stuk platteland.
Johan Kruger is die skrywer van vier jeugromans, 'n speurroman en verskeie kortverhale. Hy is 'n senior advokaat wat lank as regter gewerk het en was ook 'n professor in die regte. Hy was nou betrokke by die skryf van die Grondwette in 1993 en 1996. Sy mees onlangse roman, Die vloek, is in 2012 vir 'n ATKV-woordveertjie benoem.
Author Johan Kruger
Share
