Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781415203774 | Published: August 1, 2013 |

Dieners en Donners - 'n Roman oor korrupsie en die onwettige handel in renosterhoring

Dieners en Donners - 'n Roman oor korrupsie en die onwettige handel in renosterhoring

Author:Mike Nicol
Regular price R 195
Regular price R 0 Sale price R 195
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

FISH PESCADO is op sy branderplank. Hy's lenig en blond - nie jou gewone privaatspeurder nie. Muizenberg se golwe is sy paradys, maar hy sit sonder werk en sy bankbalans sak.

'Hei, Fish! 'n Oulike chickie soek na jou,' beduie 'n mede-surfer. Die oulike chickie is Vicki Kahn - snags speel sy poker, bedags is sy prokureur. Sy's slim, skerp, liefl ik. Die beste ding wat al ooit met hom gebeur het. En sy't 'n joppie vir hom: vind die moorddadige bliksem wat 'n toeskouer uitgehaal het tydens 'n onwettige motorwedren.

As dit maar net so maklik was. Ding is, dié moorddadige bliksem het vriende in hoë plekke. Hoog op, selfs tot by die polisiekommissaris, 'n man met 'n smerige verlede. 'n Verlede wat strek tot by die moordbendes en sluipmoorde van die sewentigerjare, die slegte ou dae - ou koeie wat eerder begrawe moet bly. 'n Geskiedenis met fluisteringe van korrupsie en baie geld - staatsgoud. Die kommissaris is ook lief vir lekker lewe. En hy het sy oog op Vicki Kahn.

Voordat Fish en Vicki hul oë kan knip, moet hulle hul koes ken in 'n wêreld waarin dieners en donners haas ononderskeibaar van mekaar is.

Author Mike Nicol

View full details