Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781415207321 | Published: July 1, 2017 |

Hierdie Huis

Hierdie Huis

Author:Kleinboer
Regular price R 270
Regular price R 0 Sale price R 270
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Kleinboer woon steeds in rowwe Yeoville naby Johannesburg se middestad. Hy is verknog aan sy erf, maar is 'n speldjie wat telkens na ander magnete aangetrek word.

Sommige lesers het dalk gehoop hy het al ophou rondloop. Maar nee, hy is steeds verslaaf aan die versoekings wat bordele bied. Sy rondlopery strek nou wyer en hy gaan loer selfs wat bo in Afrika aangaan. Sy Zoeloe-vrou worstel teen ander magnete, hoofsaaklik die sjebiens binne stap- of strompelafstand van die huis. Deur dit als woel Kleinboer se obsessie met die Lotto, waaruit hy getalle én woorde maak.

Hierdie huis voltooi die drieluik wat Kleinboer met sy bekroonde Kontrei en Werfsonde begin het op fassinerende en ontroerende wyse.

Author Kleinboer

View full details