ISBN: 9781415207413 | Published: October 1, 2014 |
`n Huis vir Ester
`n Huis vir Ester
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Ester Gelderblom en haar vriend Katjie, bywoners in Oudtshoorn, is al twintig jaar lank op die waglys vir regeringsbehuising. Wanneer nuwe huise gebou word, dink hulle hul beurt het uiteindelik aangebreek. Wat hulle nie weet nie is dat mnr. Louis, hoof van behuising, die name op die lys herrangskik en dat diegene wat hom betaal, bevoordeel word. Wanneer Katjie se plakkershuis afbrand, is hulle heeltemal desperaat en besluit om die leë huise onwettig te beset. Dít ontketen gebeure wat als wat vir hulle van belang is, sal bedreig.
In die skadu's skuil Titty, 'n weerlose jong alkoholis wat die ouer vrouens nodig het, maar haar besluite draai hulle teen haar. Ester se dogter, Liedjie, wat die klawerbord vir die Bless Me Jesus-kerk speel en aandklasse neem om 'n matrieksertifikaat te behaal, raak verlief op Robert, wie se romantiese voorkoms 'n donker, onvergeeflike geheim verberg. Intussen loop Neville, Ester se man, soos die 'baas van die huis' rond met 'n sigaret en 'n drankie in die hand, maar kruip weg wanneer 'n plakkersbaas opdaag om hulle uit die huis te sit.
'n Huis vir Ester is 'n Suid-Afrikaanse verhaal van gierigheid, moord en leuens wat oorkom kan word wanneer goeie mense vassteek en veg vir wat reg is.
Author Carol Campbell
Share
