ISBN: 9781415207437 | Published: September 1, 2015 |
In sneeu geskryf
In sneeu geskryf
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
In Januarie 2003 het Suid-Afrika wakker geword met die nuus dat nege mans gedurende die vroeë oggendure in Sizzler's, 'n bordeel met net mans in Seepunt, Kaapstad, vermoor is. Die twee moordenaars het naby Sizzler's gewoon en is gou in hegtenis geneem. Aangesien hulle nooit in die hof getuig het nie, bly hulle motiewe onbekend en het die moorde meer vrae as antwoorde gelaat. Die roman In sneeu geskryf volg die lewens van drie jong mans tydens die weke wat tot die moorde lei. Platsak Frikkie het pas matriek voltooi en begin by die bordeel werk. Bertus is 'n dertigjarige kliënt wie se lewe verbrokkel - en op Frikkie verlief raak. Adam bestuur 'n nabygeleë eetplek en word gedryf deur finansiële nood en sy verval in waansin. Die skrywer, François Loots, woon in Seepunt. In sneeu geskryf skets dié Kaapse voorstad in die middel van somer, die besige toeristetyd.
Author François Loots
Share
