Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781415207475 | Published: May 1, 2017 | Soft Cover

Die derde spoel (41)

Die derde spoel (41)

Author:SJ Naudé
Author:RAPPORT100
Regular price R 320
Regular price Sale price R 320
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

RAPPORT TOP 100 - NOMMER 41

Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op 'n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon.

In Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is.
Etienne begin na die verlore spoele soek, 'n soektog wat 'n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van 'n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem.

Etienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort.

Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naudé se kosmopolitaanse en roerende Die derde spoel , waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.

Author SJ Naudé

Author RAPPORT100

View full details