Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781415207680 | Published: July 1, 2015 |

Boas Mei is verward

Boas Mei is verward

Author:Tinus Horn
Regular price R 230
Regular price R 0 Sale price R 230
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Dit is die verhaal van Boas Mei, wie se lewe so in duie stort dat hy in die hospitaal beland. Hier drom 'n span dokters diep bekommerd om hom saam om die resultate van sy breinskandering te bekyk. Om alles te kroon, blyk dit dat die vrou wat hy liefhet, hom verlaat het.
Wanneer Boas besef dat hy verward is - nie alleen as gevolg van sy hede nie, maar veral oor sy verlede - en dat die dokters se behandeling nie sy diepgewortelde hartseer aanspreek nie, besluit hy om 'n splinternuwe verlede te skep - een wat sy gewete sal kan hanteer.
Hy begin sy verhaal met 'n koki-pen teen die kamermuur skryf. Sy poging neem 'n skokkende wending wanneer hy hom skielik in 'n pantservoertuig tydens 'n nagmerrierit deur 'n township bevind. Die volgende oomblik is hy in 'n woestyn in Noord-Afrika, midde-in die Slag van El Alamein, wat dekades voor sy geboorte plaasgevind het.
Waarheid en verdigsel is selde meer as 'n paar duim uit mekaar in Tinus Horn se skreeusnaakse, aangrypende derde roman.
Tinus Horn is die skrywer van die romans Droster en Bomskok en die grafiese roman Hemel op aarde. Hy is 'n kunstenaar en maak ook kort animasieflieks. Hy woon op Stanford.

Author Tinus Horn

View full details