Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781415208939 | Published: November 18, 2015 | Hardcover

Vlam in die Sneeu Beperkte Uitgawe

Vlam in die Sneeu Beperkte Uitgawe

Regular price R 950
Regular price R 0 Sale price R 950
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Op 29 April 1963 stuur die 29-jarige digter Ingrid Jonker 'n telegram aan André P. Brink. Sy bedank die 27-jarige skrywer vir blomme en 'n brief wat hy aan haar besorg het. In die meer as tweehonderd skrywes wat hierna tussen die twee volg, ontvou sekerlik die bekendste liefdesverhouding in die Afrikaanse literêre geskiedenis. Jonker se finale brief aan Brink is gedateer 18 April 1965 - drie maande voordat sy die see in loop by Drieankerbaai. Daar word slegs 1000 van die spesiale genommerde uitgawe in Afrikaans gedruk.

Dié weergawe word in 'n boekkoker met bykomende visuele materiaal uitgegee, met 'n kunswerk van Hanneke Benadé op die omslag.
Die boek sluit onbekende foto's uit André P. Brink se private versameling in, met 'n ekstra fotoseksie wat nie in die standaarduitgawe verskyn nie, onder meer onbekende persoonlike foto's van Ingrid Jonker.
Dit bevat 'n replika van 'n volledige brief van Ingrid Jonker in 'n koevert as insetsel.
Die briewe verskaf nuwe insigte in die skryfwerk en liefdesverhouding van twee van die bekendste skrywers in Suid-Afrika.

View full details