Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781415208960 | Published: October 1, 2016 |

Dorado

Dorado

Author:Tom Dreyer
Regular price R 330
Regular price R 0 Sale price R 330
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Ná sy pa se dood ervaar Gilbert du Toit eienaardige visioene: kontoerlyne van lig en vlietende skole visse. Hierdie gestaltes is boodskappers, meen hy, en besluit om die blinklywe te volg, oor die wye Karoovlaktes, Kaap toe.
Gilbert se pad kruis met dié van die Howlers, 'n trio voormalige tronkvoëls wat met trompet, viool en kitaar deur die platteland toer. Hy kom kleindorpse kroeë teë, en dinosourusparke, en vergesigte wat hy hom tot nou toe skaars kon verbeel. Maar al reis hy hoe ver, die storms van sy verlede woed voort. Kuilsrivier bied 'n tydelike hawe, selfs liefde, maar vir Gilbert is hier geen ontvlugting van 'n dringende en dreigende vraag nie: Is die visse wat hom aandryf deel van groter magte wat sy lot bepaal, of skort daar iets met sy kop?

Tom Dreyer se Dorado is 'n magiese roman, so tergend en onpeilbaar soos die sterrehemel van die Karoo.

Author Tom Dreyer

View full details