ISBN: 9781415209028 | Published: January 6, 2023 |
Fynbos feetjies
Fynbos feetjies
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Daar woon 'n feetjie by elke soort Kaapse fynbos, en hier stel Antjie Krog hulle op haar unieke manier aan ons voor. Hulle werk en speel, hulle sorg vir die fynbos of maak gemors.
Hulle lag, slaap, droom ... dis 'n besige lewe vir 'n gemiddelde fynbosfeetjie in die veld. Fiona Moodie se asemrowende illustrasies is almal plantkundig akkuraat geteken.
Uit Fynbosfeetjies, bladsy 4
DISA-FEETJIE
so dans die Disa-dogtertjie
so dans sy langs die stroom
so buig sy met die varings saam
en was haar vlerkies skoon
so drink die Disa-dogtertjie
dou van die silwerboom
so het die Disa-dogtertjie
diep in my hart kom woon
Antjie Krog sê
'As kind was ek betower deur kinderryme: die klank en ritme daarvan en die onsêbaarheid wat op 'n manier tog gesê word. Dit is een van die heerlikhede van die lewe om vir 'n kind ryme te lees en te sien hoedat klank 'n onuitwisbare dimensie belig.'
Fiona Moodie sê
'Om hierdie verse te illustreer, was louter plesier omdat hulle my herinner het aan die denkbeeldige wêreld wat ek as gelukkige maar alleenkind bewoon het op die Bolandse plaas waar ek grootgeword het. Dit was 'n vreugde om blomme te skilder en ek hoop dat my prente by kinders 'n belangstelling in die natuurskoon om ons in Suid-Afrika sal help aanwakker.'
Author Antjie Krog
Illustrator Fiona Moodie
Share
