ISBN: 9781415209301 | Published: June 7, 2018 |
Die hond wat ophou blaf het
Die hond wat ophou blaf het
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Izak Hugo is 'n gefrustreerde tandarts in Port Elizabeth. Hy haat sy werk en is onvergenoegd met sy lewe. Sy frustrasies begin later kookpunt bereik en hy beleef episodes van geheueverlies.
Sy vriend en psigiater sê daar is 'n verband tussen sy geheueverlies en migraines, maar dit verklaar nie al die donker gedagtes en drome wat hy ervaar nie. Nadat hy sy vriend se verwurgde poedel in sy bakkie ontdek, begin hy al hoe meer in homself twyfel. Izak se drome en denke word net meer brutaal… Kan dit wees dat hy kiés om te vergeet? Wanneer hy 'n bloedbesmeerde byl en 'n mensoor in sy motorhuis vind, vlug hy Transkei toe. Die bloedspoor volg hom egter, maar Izak weet nie hoe groot bedreiging hysélf is nie.
Author Jo Nel
Share
