Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781415209417 | Published: April 3, 2019 | Paperback

Die vrou van die klippesee

Die vrou van die klippesee

Regular price R 300
Regular price R 0 Sale price R 300
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Kreefsmous Hendrik dog hy yl toe hy 'n beseerde jong vrou op 'n verlate strand aan die Weskus kry, want waar haar bene moet wees, groei 'n visstert, sterk en stewig soos 'n tuna s'n.

Miskien is die wese een van die watermense waaroor sy vrou Rebekkah gepraat het voordat sy vir ewig die see in verdwyn het. Of dalk is sy dit wat die ou Xhosamense 'n “mamlambo” noem.

Hendrik se lewe verander handomkeer wanneer hy die watervrou huis toe neem. Is dit sy seer hart wat sy oe so bedrieg, wonder hy, of lê hier 'n leidraad wat kan sê wat van sy vrou geword het?

Gou besef Hendrik daar loop 'n haarlyn tussen dit wat hy kan sien en dit wat hy moet glo.

View full details