Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781415209530 | Published: May 1, 2017 |

Die diepblou see

Die diepblou see

Regular price R 240
Regular price Sale price R 240
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Snags, vanaf die hawe, tuur Jan Hofmeyr oor Tafelbaai uit. Dan duik hy die diepte in, na waar die blou water gitswart verkleur. In die donker wiebeling swem hy saam met glimmende visse, kom hy gestorwe voorsate en mitiese figure teë.

Bedags hou hy sy nagtelike eskapades geheim. In die oseaan beur hy weg van die sleur wat sy lewe geword het. Hoffie, die wonderkind wat op vyftien sy eerste graad ontvang het; Jan, die minister wat onder Louis Botha én Jan Smuts in die kabinet gedien het. Dis sý soort liberalisme waarteen die vaders van Apartheid tydens die 1948-verkiesing sou waarsku.

Maar wat gaan soek hy snags in die diepblou waters? François Loots vervleg kontreitaal met mitologie en die magiese om in Die diepblou see gestalte te gee aan een van die fassinerendste Suid-Afrikaners van alle tye.

View full details