ISBN: 9781415342688 | Published: November 13, 2020 | Paperback
Verklarende Studiebybel 1933/1953 Vertaling Swart Luukse Leer
Verklarende Studiebybel 1933/1953 Vertaling Swart Luukse Leer
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Die Verklarende Studiebybel is 'n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.
KENMERKE EN UNIEKE EIENSKAPPE
• Luukse Leer met duimgrepe, goudgerant en merklint;
• Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans;
• Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek, wat inligting bied oor elke boek se skrywer, agtergrond, doel en boodskap;
• 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat 'n algemene oorsig bied oor die hele Bybel;
• Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken;
• Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom en tekskritiese notas insluit;
• Volkleur kaarte.
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Author 1933-1953 Vertaling
Share
