Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781431039722 | Published: June 15, 2019 |

Die kruppel engel

Die kruppel engel

Regular price R 130
Regular price R 0 Sale price R 130
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Om te weet wie jou pa is, is om te ís. Al stry hy jou af. Al suip hy soos jou stiefpa, net aan duurder goed. Al is hy wit. Nou weet jy wie jy is en waarmee jy werk. Nou weet jy hoekom is jou neus groot en jou lippe dun. En nou weet jy dat jou boude klein gaan bly. Nou vat jy jou klip en jy drá dit, want dis wie jy is. Tina bly op die Coetzees se skaapplaas in die Karoo. Haar grootmaakpa pas skaap op, maar sy vermoed haar biologiese pa boer op Engelsplaas - die plaas langsaan. Engelsplaas word so genoem omdat die plaaseienaars nou al vir geslagte lank ‘n engel het. Tina gaan skool in die Engelse plaasskool Rising Star, maar sy wil graag na die Afrikaanse dorpskool toe gaan. As dit net nie so duur was nie. Toe sy van moedeloosheid wil wegloop, sê Jakob, ‘n kruppel padloper, haar aan om haar regte pa te gaan vra vir geld.

Author Zenobia Kock

View full details